Friday, October 12, 2012
Sr Alna Louw onthou
Sr Alna Louw - aanvanklik ons Eenheidsbestuurder van PHC en nou ons Training Officer, onthou 'n paar lekker insidente:
1. Dis die begin jare van die PHC kliniek. Pasiente is min. Ek, Sr Louw, weet nie wat om met myself te doen nie. Ek vra vir Esme wat ek kan doen. Sy se:"Vat 'n besem en vee die parkeer area voor die kliniek". En so gebeur dit toe dat die suster in beheer van die PHC kliniek met 'n groen oorjas aan, die parkeer area vee!!!
2. Lorraine Adams is ons ontvangsdame by die kliniek. Dis die eerste keer in haar lewe dat sy in 'n gesondheidsorg omgewing werk - en sy is 'n vreeslike "onskuldige" dametjie. So kom sit 'n pasient voor haar lessenaar. En sy vra baie beleefd waarmee sy kan help. Die pasient antwoord: "ek is gebyt". Lorraine, wat nie die spreektaal ken soos die nurse nie, vra: "Waar?" terwyl sy oor die lessenaar leun om die bytplek te besigtig. Toe begin die pasient om sy broek los te maak om te wys .......
("gebyt" beteken die persoon het 'n STD infeksie!!!)
3. Met die vooruitgang van die Daghospitaal word oornag fasiliteite beplan. En die PHC kliniek moet skuif om plek te maak. So trek ons om die hoek na die "blou huis" toe (waar Dr petrus en Turek se spreekkamers nou is). Ons noem onsself die Maplotters. Met die trek, kry PHC ons eie rekenaar stelsel, wat beteken ek moet nou self ons maandeindes doen. Die ou rekenaar-stelseltjie is maar stadig - en die kliniek raak al besiger, wat beteken maandeindes begin gewoonlik 19h00 (sodra die kliniek-ure vir die dag verby is). En menige maand het ek die volgende oggend die son sien opkom vanuit die kliniek. Sommige maande het Corna my kom geselskap hou, terwyl Esme langsaan by die Hospitaal met haar maandeinde besig was - en dan het ons 2 lekker Rummicup gesit en speel terwyl ons vir die maandeinde wag.
4. Die hospitaal brei nog uit, en nuwe dokterspreekkamers word aangebou. Vanaf PHC se "blou huis" hou ons die bouery dop. Die bouers is die dag besig om mure te pleister toe dit begin reen. Die manne is haastig om klaar te maak en hou aan pleister so in die reen. Die volgende oomblik lyk dit of iemand die nat pleister afskil: en alles val op die grond!!!
5. Baie aandag word aan bemarking gegee. 'n Noodhulp kas word saamgestel en ek besoek Boereverenigings vanaf anderkant Okahandja tot in die verre Suide - Karasburg, Aranos, Aroab, ens.
By elke Boerevereniging vergadering luister ek na dieslefde stories oor telefoon lyne, kragvoorsiening of eerder die gebrek daaraan, ens. Heel aan die einde van die vergadering kry ek dan 'n kans om Rhino Park Daghospitaal te bemark - en die noodhulpkas staan sommer in vir 'n vinnige PHC kliniekier net daar.
Dit moes vrugte afgewerp het, want Rhino Park is steeds gewild en bekend onder ons Suide pasiente.
6. Trek is die PHC kliniek se voorland. Ons trek weereens na nuwe lokale toe. Die voordeel van die nuwe area is dat die parkeerarea reg voor die kliniek is. So kom daar mos 'n jong uitlander eendag by die kliniek ingestap. Hy het bietjie in Namibia vakansie gehou en bietjie baie rondgeslaap. Gevolglik sit hy met 'n ongemaklike infeksie en moet behandeling kry voor hy teruggaan huis toe. Ek het nie baie positief gevoel oor sy gewoontes nie en besluit pm hom 'n inspuiting te gee wat hy baie lank sal onthou. Gewoonlik word die spesifieke spuit baie stadig toegedien omdat dit so erg brand, maar die dag jaag ek die spuit lekker winnig in, in altwee boude! Toe hy in sy vriend se bakkie klim, gaan staan hy op sy kniee met sy boude in die lug - na die voorruit se kant toe.
Ons het die hele petalje uit die kliniek gestaan en bekyk - en vir dae daaroor gelag.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment