Thursday, September 26, 2013

Rhino Park Privaat Hospitaal kry 'n Kapilaan diens

Dis middel Junie en om ’n oggend koffie word twee drome heel onbepland gedeel. Esmé wou nog altyd n kapelaan in die hospitaal hê en André hunker met verlange terug hospitaal pastoraat toe. 
Op daardie besondere oggend kom God in Sy grootheid en bring 'n groep mense bymekaar wat 'n passie het vir pasiente en hospitaal personeel.
Hierdie projek is beslis nie uniek nie, want wereld wyd maak hospitale van kapilaandienste gebruik.
Die fokus van die projek verskil miskien so klein bietjie van die ander omrede daar baie sterk op die ondersteuning van die personeel gefokus word. Daar word ook opleiding met die personeel gedoen rondom byvoorbeeld etiese kwessies en sterwensbegeleiding.
Daar gaan binnekort ook eredienste op Sondae gehou word wat oop is vir pasiënte, besoekers en personeel.
Alhoewel ons baie opgewonde oor die projek is wag ons biddend op die Here om vir ons die pad te wys.
Intussen leef ons net God se teenwoordigheid in die hospitaal – maak nie saak of dit nou brood smeer in die kombuis is of n vinnige grappie deel in die gang is nie.
Die hospitaal bied soveel ongelooflike geleenthede om God te ontmoet en te ontdek dat mens elke dag net verwonderd kan staan – God is werklik alom teenwoordig.

Kom loer gerus in as julle in die omgewing is. Ons deel met graagte hierdie genade projek met julle.

Kapela
an Andre Anthonissen

Photo: We are proud to introduce our very own Hospital Chaplain at Rhino Park Private Hospital.
A big welcome to Chaplain Andre Anthonissen.
May you and your work be blessed!!

No comments:

Post a Comment