Friday, November 16, 2012

Spanbou

Van tyd tot tyd hou ons ook spanbou aksies.
Dis gewoonlik baie snaaks en baie lekker.

Byvoorbeeld loslid-dag 2007:
















En natuurlik die grootste en beste spanbou van alle tye:
Ons sangkompetisie 2008!!!!
Ons beoordelaars

Seremonie-monster & maatjie
Dagsaal-ICU


Admin

Cleaning department

Leslie dans voor!!

Massa koor

Teater
Sale
Kombuis
Dr Solly kondag die wenners aan

En die wen koor is Dagsaal-ICU!!!




 

Ons werk hard en speel dan nog harder (Jaareindfunksies)

Elke afdeling in die firma kry 'n beurt om 'n jaareind funksie te reel.
En dis gewoonlik 'n groot opwinding om te sien waarmee elkeen vorendag kom.
Ongelukkig het ek nie foto's van al ons funksies nie - maar hier is so paar wat ek wel opgespoor het.










Ons is selfs bereid om ons naam met 'n plank te slaan, net om die personeel te vermaak!!


Motiveringspraatjies

Ons hou jaarliks motiveringspraatjies vir ons personeel. Hier moet ons die Direksie bedank omdat hulle dit vir ons moontlik maak.
My suster, Elize Botes, is 'n sielkundige en motiveringspreker - en sy kom jaarliks om hierdie sessies vir ons aan te bied. Dit is gewoonlik groot pret, soos die fotos wys.
Ek dink dis een van Rhino Park Privaat Hospitaal se hoogte punte op ons kalender.





 In ons beroep het ons nodig om van tyd tot tyd bietjie te ontspan en "geboost" te word om die stress van ons werk weer te kan hanteer.





Die Hart van Rhino Park Privaat Hospitaal

Ek dink ons is uiters geseend omdat ons personeel vanaf 'n Christelike grondslag leef en werk.
En ons mense is nie bang of skaam om ons geloof uit te leef in ons werk nie.

Dis Rhino Park Privaat Hospitaal se beleid om vir elke pasient wat toegelaat word 'n Bybel persent te gee. Hier is Angie (ons PRO) inbeheer van sake. Sy deel nie net Bybels uit nie, sy bid ook vir pasiente wat 'n behoefte daaraan het.
Maar Angie is nie die enigste een wat dit doen nie - ons personeel is almal altyd gereed om na ons pasiente se geestelike- en siele-welstand om te sien.

Hoe kan mens ooit genoeg dankie se vir so 'n wonderlike span. Ons God is groot en goed vir ons!!
Ons Bybel stoor


Dan het ons afdelings die wonderlike gewoonte om elke oggend met skriflesing en gebed die dag te begin en die nagskof mee af te sluit.
En soggens weerklink die wonderlikste klanke deur die hospitaal soos afdelings lofsing.
Wat 'n voorreg om hier te werk!!!



Ons het ook 'n weeklikse Bybelstudie in ons Raadsaal, waar almal welkom is om te kom deelneem. 



Ons mense is lief vir sing - en kan hulle mooi sing.
Gereeld vra pasiente en besoekers dat daar in pasient-kamers gesing moet word; en dan is die personeel in voltal daar.
Dis vir ons as Rhino Parkers net so wonderlik soos dit vir die pasient is.
 

  Dit is en bly 'n onbeskryflike voorreg om in so 'n span te kan werk: mense wat weet en dit uitleef dat God die begin en einde van ons lewens en bestaan en werk is.



'n Fikse liggaam huisves 'n gesonde verstand

Ons bestuur probeer altyd om te lei deur ons voorbeeld (ek weet dit werk nie altyd nie, maar tog probeer ons!!)

En ons kyk altyd op na Mnr Van Niekerk as dit kom by 'n gesonde liggaam. Hy is 'n fietsryer van Formaat!! Vandag nog ry hy jong ouens, van sy kinders se ouderdom, met gemak onder die stof.
Ons is en bly baie trots op hom - veral ook noudat hy nie net meer figuurlik "Die man van Staal" is nie, maar met elke operasie al meer letterlik "Die man van Staal" word.
Mnr Van Niekerk, jy en Dr Solly, is vir ons mentors, ware leiers en selfs vaderfigure. Baie dankie daarvoor.



Corna en van die eenheidbestuurders besluit mos toe nou so paar jaar terug, maar hulle gaan nou nie vir "die baas" agteruit staan nie. En hulle besluit dis tyd om die 2-Oceans half maraton aan te pak.
Corna (wat mos maar 'n gebore reissies-kuiken is) vat voor, met Minnerie, Angie, Chrissie en Nadia (Minnerie se dogter) wat saam begin oefen.
Ou dikkes Botes neem dadelik die pos van afrigter in en jaag hierdie dames saans en elke Saterdag-oggend om 06h00 met die BMW Windhoek se bulte uit. Kyk, ek het hierdie storie ernstig opgeneem:
Ek het navorsing oor maratons en voorbereiding en nog wat op die intenet gedoen; roetes gemeet en beplan en dan agter die span gery om te sorg dat almal oefen, en niemand wegraak, afdwaal of "jippo" nie.
Nou, hierdie dophou het nogal ingewikkeld geraak, want daai jonge Nadia het weggespring en soos 'n vlakhaas gehol om klaar te kry; dan het Ma Minnerie en Corna uitgehaal (want hulle wou nie dat die "kind" vir hulle weghardloop nie!!) en Angie en Chrissie het hul eie pas gehad. Gevolglik moes ek jaag om vir Nadia in die oog te hou - terug jaag om te kyk of Minnerie en Corna se asems nog hou - en weer begin om te sien waar Angie en Chrissie is.
Dan as die span die laasste been huis toe begin vat, dan jaag ek vir 'n 24-uur kwikshop om sappe, muffins, en vrugte te koop. En gaan maak koffie ens by die huis om die moee atlete te voer voor ons die res van ons Saterdag aanpak.
  Ons het selfs 'n naweek in Swakop gaan "oefen" - groot pret en sport(s)!!
 







 
Paasnaweek 2007 vat ons toe die pad Kaap toe vir die 2Oceans. (En was dit nou 'n fees van 'n naweek).
Corna, Minnerie en Nardia hardloop die half maraton - en al drie voltooi dit binne die vasgestelde tyd.
Minnerie doen 'n ernstige besering op (gebreekte bekken) omtrent by die half pad merk; en sy en Corna maak saam klaar - met Corna wat haar die laasste 10km ondersteun eindstreep toe.
Ek en Angie kou naels terwyl ons wag dat ons atlete inkom.
By dit alles hardloop span Rhino Park nog vir Bybelverspreiding - en bring 'n mooi bedraggie daarvoor in.
Dames - weet net buiten dat dit 'n fees was, is ons steeds BAIE trots op julle. Welgedaan!!!
"Voorbereiding" in Kirstenbosch-tuine!

Die span is gereed vir die wegspring

Nadia maak klaar

Amper vergeet ek om die staaltjie te vertel:
Oppad Kaap toe, slaap ons by Noordoewer op die grens oor.
Corna & Minnerie maak klaar
Ons gaan eet die aand iets in die lodge se eet-drink-plek; en daar is so aangeklamde ou by die bar.
'n Trotse Corna met haar medalje
Elke keer as hy so in Minnerie se rigting kyk, dan wil hy net vir "Sonja Herold" 'n drankie koop!!!
Minnerie in die mediese tent
Minnerie, of moet ek se Sonja Herold, het die hele aand net vir hom weggehardloop.

 Nou wonder ek skielik of dit nie dalk die begin van haar besering was nie??!!
Ons WEN-span!!! Mooi so dames!!
Oppad terug het ons weer by Mariental oorgeslaap - en ons kamers het borrelbaddens ingehad. Nou kan jy mos sommer dink wat gebeur het. Ja, Angie-hulle het te veel seep in die borrelbad gegooi!! En die hele Mariental kon hulle hoor lag en gil toe die skuim die hele kamer vol loop!!