Friday, November 16, 2012

Die Hart van Rhino Park Privaat Hospitaal

Ek dink ons is uiters geseend omdat ons personeel vanaf 'n Christelike grondslag leef en werk.
En ons mense is nie bang of skaam om ons geloof uit te leef in ons werk nie.

Dis Rhino Park Privaat Hospitaal se beleid om vir elke pasient wat toegelaat word 'n Bybel persent te gee. Hier is Angie (ons PRO) inbeheer van sake. Sy deel nie net Bybels uit nie, sy bid ook vir pasiente wat 'n behoefte daaraan het.
Maar Angie is nie die enigste een wat dit doen nie - ons personeel is almal altyd gereed om na ons pasiente se geestelike- en siele-welstand om te sien.

Hoe kan mens ooit genoeg dankie se vir so 'n wonderlike span. Ons God is groot en goed vir ons!!
Ons Bybel stoor


Dan het ons afdelings die wonderlike gewoonte om elke oggend met skriflesing en gebed die dag te begin en die nagskof mee af te sluit.
En soggens weerklink die wonderlikste klanke deur die hospitaal soos afdelings lofsing.
Wat 'n voorreg om hier te werk!!!



Ons het ook 'n weeklikse Bybelstudie in ons Raadsaal, waar almal welkom is om te kom deelneem. 



Ons mense is lief vir sing - en kan hulle mooi sing.
Gereeld vra pasiente en besoekers dat daar in pasient-kamers gesing moet word; en dan is die personeel in voltal daar.
Dis vir ons as Rhino Parkers net so wonderlik soos dit vir die pasient is.
 

  Dit is en bly 'n onbeskryflike voorreg om in so 'n span te kan werk: mense wat weet en dit uitleef dat God die begin en einde van ons lewens en bestaan en werk is.



No comments:

Post a Comment