Thursday, November 15, 2012

Die geskiedenis van Rhino Park Apteek

Vandag voel ek heel nostalgies oor die Apteek - seker omdat ons alweer aptekers soek.
Nou sit en dink ek so terug aan die ontstaan en verloop van die apteek oor die afgelope 18 jaar. Maar kom ek vat julle so bietjie terug op ons spoor:

Ek en Mev Parkhouse het met die beplanning van die Daghospitaal vreeslike drome gedroom en gesigte gesien (ek wonder steeds of daar nie dalk onwettend "boom" in ons tee was nie, want ons het omtrent pyp-drome gehad vir die plek). Onder andere was ons oortuig dat daar 'n groot aanvraag en behoefte vir 'n 24-uur-diens apteek in Rhino Park gaan wees.

So gedink, so gedoen: en ons spring weg met 'n GROOOOT volledige retail apteek - met Yardley en Revlon kometiek, de lot!! Ons stel vir Lorraine Coertzen aan, want ek en sy gaan 12-uur skofte werk om hierdie 24-uur diens te lewer.
Ag wel, redelik gou is ons ontnugter, en het die realiteit tot ons deurgedring (Mev Parkhouse verlaat die firma en ek moet al meer op die bestuur van die Daghospitaal konsentreer en admin doen, onder andere). En natuurlik was daar nie 'n aanvraag vir 'n deurnag diens nie!! Gevolglik maak die retail apteek toe; en die apteek-personeel verminder van 'n getal van 6 na 2 (ekself en Jan Boshoff). En ons skuif in die Daghospitaal in - 'n deel van die gang word afgeskort vir 'n apteek (daar iewers waar Dagsaal vandag is.)

Steeds is dit nie die einde van die apteek se verskuiwings nie: kort voor lank verlaat Jan ook ons diens om by Bio-Dynamics aan te sluit; die gang spasie is nodig vir uitbreidings; en ek - as enigste personeellid vir die apteek + hospitaalbestuurder - skuif met die Apteek in die komperkamer by Admin in ('n deel van vandag se Kamer 1 van Algemene saal).
Ek en die apteek bly vir 'n jaar of twee hier in die "besemkas".

Dan word die saal weer uitgebrei - en natuurlik moet die apteek weer skuif. Hierdie keer na waar vandag se verpleegstasie van die Algemene Saal is. Ek voel skoon verskrik met die "spasie" wat ek kry. Op hierdie stadium kry ek darem nog personeel ook by:
Lee Meuwesen is my eerste Intern. En ek stel tot 'n apteker assistent, Abel Jood, aan. Laasgenoemde het nou nie juis 'n werksrekord hier opgebou nie - hy't te vinnig verdwyn.
Dis in die dae wat ons PHC se voorskrifte doen - wat beteken ons doen maklik 200+ Rx'e 'n dag. Dis nou tussen my en Abel/Corna/'n intern/locum, want Lee verlaat ons direk nadat sy kwalifiseer. En natuurlik doen ekself al die voorraad en bestellings vir die hospitaal en die Apteek. (onthou teen hierdie tyd was ons al reeds 'n vol hospitaal). Maar ek moet darem bynoem dat as dit nie vir Corna was wat gereeld kom inspring en help het nie, ek definitief 'n geval van spontane "combustion" sou wees!!
Wanneer ons PHC-bestellings plaas, dan daag Transnamib met 'n container op - wat binne 2 ure uitgepak moet word, sodat hulle dit weer kan kom optel. En wie dink julle pak daai ding uit? Ek en Corna!!! (julle klomp moet vir Corna tussen 'n berg bokse in 'n container sien: mens dis nou 'n prentjie om te aanskou.
Maar skoot vir skoot het ons die container leeg gemaak en die apteek gestock nog lank voor Transnamib weer die container kom haal het.
Dit was toe ons nog jonk en fiks was - ons het julle kinders onder die tafel in gewerk!!!

En natuurlik wil die hospitaal weer uitbrei - en die apteek trek weereens. Hierdie keer vorentoe - na waar ons nou is.




So tussen die trekkery en werkery deur het ek nog 6 Aptekers deur hul internskappe ook gevat.

En uiteindelik kon ek genoeg mense in die Apteek aanstel, sodat ek vandag net help met die Apteek se roepe en verder voltyds my aandag aan die Hospitaal (en julle) kan wy. Alles te danke aan 'n goeie span in die Apteek:
'n Groot Dankie aan Susan Theart (apteker + bestuurder); Tracey Gous (wat ons ongelukkig Des 2012 verlaat); Elsa Theron (Apteker); Sigi Schlabitz (my steunpilaar oral waar ons haar nodig het);
Albertine Arnold (Apteker Assistent - wat by ons gekwalifiseer het!!); Jacky & Ivondia (ons stock sterretjie) en Nelson & Lucille (wat beide nog op flexi basis werk).


No comments:

Post a Comment