Friday, November 16, 2012

Die skoonste Hospitaal ter wereld - alles te danke aan ons skoonmaak departement!

Ek is baie trots op Rhino Park Privaat Hospitaal - en elke persoon wat deel van ons Rhino park familie is.

Ek sal ook enige tyd, enige plek en in alle omstandighede met vrymoedigheid my stelling verdedig dat ons Hospitaal die skoonste en netjieste is.
Kyk net na ons vloere - dit skitter blink altyd (en laat dit nou nie spieelblink is nie, dan se die skoonmaak-spanne les op; vra maar vir Rochelle & Madelein van Royalserve)


 Ons skoonmaak departement is 'n integrale deel en uiters belangrike komponent van ons hospitaal, want hulle is die mense wat moet sorg dat die plek ordentlik skoon is en dat infeksie beheer toegepas word.
Daarom is hierdie groep personeel so na aan ons hart - hulle werk BAIE hard, maar hulle is altyd vrolik en vriendelik!!
Vir julle meisies wil ek net BAIE, BAIE DANKIE se vir al julle harde werk en julle pragtige menswees. Julle maak ons daagliks trots om julle deel van ons familie te kan noem.



Net 'n paar van ons skoonmaak-span

Vir jare het ons self die hospitaal skoongemaak. En ons eie span skoonmakers is steeds inbeheer van die teaters en ICU's.


Maar soos die hospitaal gegroei het, het ons besluit om 'n kontrakteur aan te stel - dis nou Royalserve.

No comments:

Post a Comment