Thursday, October 11, 2012

15 Mei 1994

Op 15 Mei 1994 meld ons eerste span personeellede aan vir diens.
Arme Medi-City kry 'n knou waaroor hulle nou nog sukkel om te kom, want 85% van ons nuwe personeel kom van hulle af oor na ons toe (ook admin-mense soos Tannie Sylvia Boshoff, Priscilla Daniels, ens.)
Ons vat natuurlik die heel beste verpleegpersoneel van Medi-City, sowel as die Staat (mense soos Sr Angie Phillips, Sr Daphne Stoffels, Sr Shirley Namaseb, E/N Elize Haufiku en Ass Nurse Hedwig Setswantso).
Katrina Dixon en Lizzy Matroos is ook vanaf dag een met ons.

Maar nou moet ek julle vertel van die personeel se aankoms en groot skok:
Die klomp kom hier aan, reg vir werk en pasiente versorg; en hier word hulle verwelkom in 'n lee gebou.
Ek jaag hulle op 'n bondel - onthou ek het nou vir 5 maande met bouers gewerk, so ek het baie mooi en vinnig geleer hoe om ouens op 'n knop te jaag en soms nog met die nodige "vreemde" tale ook - en ons gee vir elkeen 'n stoflap en 'n oorjas en se begin afstof, was die vloere en pak die toerusting uit soos dit afgelewer word en maak skoon!!
So tussen die verskaffers se aflewerings deur, laai ek groepe personeel in my ou Volkswagen-golfie en laai hulle regoor Windhoek op straathoeke af met pamflette om die opening van die eerste Daghospitaal in Namibia te adverteer. En dan gaan laai ek hulle weer op 'n afgespreekte tyd op en bring hulle terug hospitaal toe vir verdere skoonmaak-duty.
Angie vertel altyd hoe bang hulle was as hulle deur hierdie verlate, en soms agterstrate, moes loop om die pamflette uit te deel. Maar ook hoe baie hulle gelag en aangegaan het.
Maar tussen al die bang wees, harde werk en sweet deur, bou ons die meest fantastiese spangees - wat ons deur die volgende 18 jaar - moeilikes en goeies - dra en in 'n Rhino Park-familie saambind.

En so rig ons 'n hele Daghospitaal met 'n PHC-kliniek toe en in - en ons doen nog bemarking ook - binne 2 weke. Sodat ons op 1 Junie 1994 ons deure open; en nooit weer terugkyk nie, maar net voorentoe beur en beter en sterker word met elke jaar wat verby gaan.

Die oorblywende lede van die span wat 18jaar gelede begin het.

No comments:

Post a Comment