Monday, October 29, 2012

Nog van my stories (Esme)

Op hierdie stadium sit ek die meeste stories op, omdat ek die langste hier is!! En omdat ek nog vir julle stories wag.

Kom ek vertel vir julle wat een Oujaarsaand gebeur het:
'n Sekere dokter neem 'n pasient op met die diagnose "?meningitis". Op daardie stadium was Sr Sofie Andrews, wat tans by MediClinic een van hul saal bestuurders is, by ons senior Sr op nagskof.
Hier in die middernagtelike ure bel sy my (ek het toe nog hier skuins oorkant die hospitaal gebly, en was permanent op-roep). Toe ek antwoord is dit net 'n gegil en geskreeu en glas wat breek en algehele chaos aan die anderkant.
Ek vloog toe daar by my huis uit en bestorm die hospitaal. Toe ek die voordeur oopruk om in te hardloop, hardloop 'n pasient by die Hospitaal uit. En so met die uitkom slag slaan hy my met 'n hengse regter haakhou dat ek so skuif oor die parkeer area.
Nou, my Pa het my geleer jy bly le nie as jy geslaan word nie; jy staan op en baklei terug. Maar met die opstaan slag, toe is daai ou weer by my en slaan my 'n verdere hou dat ek net sterre sien. Terwyl ek weer probeer opstaan, bespring boet my en wurg 7-helle uit my uit.
Op hierdie satdium het die sekuriteit weggehardloop, die ander personeel en pasiente die deur van binne gesluit - net Sofie'tjie is by en probeer help: Sy sit wydsbeen op die ou se rug en wurg hom net so hard terug!!!

Toe die ou sien ek en Sofie gaan  nie bes gee nie, toe hardloop hy ook weg.

Nou vat Sofie my in die hospitaal in en begin my wonde bekyk:
2 kies tande is gelyk met my kakebeen afgeslaan; my neus is op twee plekke gebreek EN die neus-hou was so hard dat my neus losgeskeur het van my gesig en soos 'n flap hang.
Nou sit en bloei ek maar terwyl Sofie en kie verbande en goed soek om my "op te patch".

En hier kom boetie ewe teruggestap, kom sit langs my en huil en vra of dit hy is wat my so geslaan het.
Sjame, toe het die outjie al die tyd 'n geskiedenis van geestesversteuring.

En die eerste werksdag na Nuwejaar moes ek toe met 'n blou-oog werk. En natuurlik glo almal toe dat ek 'n "lekker" Nuwejaarsparty gehad het.

No comments:

Post a Comment