Thursday, October 11, 2012

'n Bou-storie of twee

Ek onthou 'n paar lekker insidente van die tyd met die bouery:

1. Mev Parkhouse wou 'n fontein in die middel van die wag-area laat inbou. Die arme ou loodgieter het al sy dae gehad om die pype mooi in die vloer in te kry.
En die volgende oggend stap (of moet ek se "Hardloop") Mnr Van Niekerk weer deur die bou-terrein vir sy daaglikse inspeksie; en hy sien daai water pypie hier in die middel van nerens uitsteek. Hy blaf "wat is dit hierdie?" en die loodgieter verduidelik so mooi as wat hy kan van die fonteintjie. Mnr Van Niekerk vra vir een van die ander bouers vir 'n hamer - en hy slaat daai arme ou pypie so diep in die grond in dat ek dink hulle hom dalk eers met die volgende eeu se argeologiese opgrawing weer sal kan opspoor!!!!
En hy stap sonder 'n woord verder en doen die res van sy inspeksie!

2. Daar was so een bouer wat graag "liquid-lunches" gevat het. Nou voor middag-ete het hy baie mooi gebou. Hierdie spesifieke muur waaroor dit gaan, is die Prosedure Kamer se gang muur langs Dagsaal af teater toe:
Na etes het sy mure al meer en meer die neiging van die toring van Pisa gehad: dit het al skewer na een kant to begin leun.
As Mnr Van Niekerk dan op sy inspeksie rondte verby kom, dan se hy vir die ou bouertjie om van die bou-stelasie af te klim en langs hom te kom staan: en dan skop hy daai dag se hele bouery tot op die grond af.
Dan begin ons maar more-oggend weer van vooraf dieselfde muur bou.
Gelukkig het ons ook daardie muur opgetrek gekry voor die kliniek ge-open het.


No comments:

Post a Comment