Thursday, October 11, 2012

Die bemarking en bouery

Nou ja, daar is ek en my kruiwa daagliks op die bou-terrein saam met ou groot Vincent Sorensen en Oom Callie Calitz en hul spanne.
En ons bou dat die rooi grond so waai.

Intussen is Mev Corna Smith, Mnr Christo van Niekerk se finansiele direkteur van al sy firmas, besig met die bemarking van Rhino Park woonbuurt hier op die terrein in die bemarkingstent.
Daai dae was Mev Smith vreeslik grand en important en fancie - met haar high polfys, sykouse, ontwerpers mini rompies en krullerig gepermde hare.
Soos jy op die foto kan sien, was sy so smart dat sy my en my kruiwa en blou sweetpak nie eens wou ken of groet nie. (sy was nog altyd lief vir 'n telefoon, of hoe?).
Maar ons het haar gou reggekry toe sy later permanent by die Rhino Park Day Clinic-span aangesluit het - dankie tog daarvoor!!!






Die bouery het flink verloop en ons het op 15 Mei 1994 die kliniek begin betrek:


No comments:

Post a Comment